Held van die Russiese Federasie

Held van die Russiese Federasie
Goue Ster-medalje van ’n Held van die Russiese Federasie
Goue Ster-medalje van ’n Held van die Russiese Federasie
Tipe Eretitel
Toegeken vir Heldedade tot diens van Rusland
Status Aktief
Ingestel 20 Maart 1992
Totaal toegeken Amper 1 000
Soortgelyke eerbewyse Held van die Sowjetunie
Held van die Oekraïne
Held van Belarus

Held van die Russiese Federasie (Russies: Герой Российской Федерации, Geroi Rossijskoi Federatsii) is ’n toekenning en die hoogste eretitel wat ’n burger van Rusland kan ontvang. Die president van Rusland ken dit toe aan mense wat helde- en ander voortreflike dade verrig het tot diens van die staat. Dit is sedert sy instelling al amper 1 000 keer toegeken, hoofsaaklik aan ruimtevaarders en vir militêre dapperheid in Tsjetsjnië. Verskeie kunstenaars, politici, ekonome en atlete het dit ook al ontvang.


Developed by StudentB