Hendrik Verwoerd | |
Ampstermyn 2 September 1958 – 6 September 1966 | |
President | Charles Robberts Swart (1961–1966) |
---|---|
Monarg | Elizabeth II (1958–1961) |
Goewerneur-generaal | E.G. Jansen (1958–1959) Charles Robberts Swart (1959–1961) |
Voorafgegaan deur | Johannes Gerhardus Strijdom |
Opgevolg deur | Eben Dönges (wnd.) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Hendrik Frensch Verwoerd 8 September 1901 Amsterdam, Nederland |
Sterf | 6 September 1966 (op 64) Kaapstad, Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party |
Eggenoot/-note | Betsie Schoombee |
Kind(ers) | 7 |
Alma mater | Universiteit Stellenbosch Universiteit van Berlyn Universiteit van Hamburg Universiteit van Leipzig |
Religie | Nederduitse Gereformeerde Kerk |
Dr. Hendrik Frensch Verwoerd (Amsterdam, 8 September 1901 – Kaapstad, 6 September 1966) was die eerste minister van Suid-Afrika wat weens ’n sluipmoord in die parlement in Kaapstad gesterf het. Verwoerd word algemeen as die argitek van die apartheidstelsel beskou. Sy premierskap word gekenmerk aan die drastiese verbetering van swart lewenstandaarde en spoedige ekonomiese ontwikkeling.[1][2] Mense sal waarskynlik nog lank verskil oor die waarde van sy werk. In die geskiedenis van die Afrikaners en van Suid-Afrika bly die grondlegger van die 1961-Republiek ’n sleutelfiguur en vir sommige mense 'n held.