Herakleopolis (Grieks: Ἡρακλεόπολις, Latyn: Heracleopolis Magna) was die hoofstad van die 20ste nomos (administratiewe streek) van Antieke Egipte. Dit is sowat 15 km wes van die hedendaagse stad Beni Suef geleë.[1] In Egipties het dit Henen-nesoet, Nen-nesoe of Hwt-nen-nesoe geheet, wat beteken "huis van die koninklike kind".