Herbert Marcuse | |
Herbert Marcuse in Newton, Massachusetts 1955
| |
Geboortenaam | Herbert Marcuse |
---|---|
Gebore | 19 Julie 1898 Berlyn |
Oorlede | 29 Julie 1979 (op 81) Starnberg |
Blyplek | Duitsland, Amerika |
Burgerskap | Duits / Amerikaans |
Beïnvloed deur | Kant, Hegel, Marx, Freud, Husserl, Nietzsche, Heidegger |
Invloed op | Angela Davis, Jürgen Habermas, Abbie Hoffman, Douglas Kellner, Bob Black, Hakim Bey, Andrew Feenberg |
Herbert Marcuse (* 19 Julie 1898 – † 29 Julie 1979) was 'n Duits-Amerikaanse filosoof, sosioloog, en politieke teoretikus, wat verband hou met die Frankfurt Skool van die Kritiese teorie. Marcuse is in Berlyn gebore en het by die Universiteit van Berlyn en daarna by die Universiteit van Freiburg gestudeer, waar hy sy Ph.D ontvang het.[1] Hy was 'n prominente figuur in die Frankfurt-gebaseerde Instituut vir Sosiale Navorsing – wat later bekend geword het as die Frankfurt Skool. Hy was getroud met Sophie Wertheim (1924–1951), Inge Neumann (1955–1972), en Erica Sherover (1976–1979).[2][3][4] In sy skriftelike werk, lewer hy kritiek op kapitalisme, moderne tegnologie, historiese materialisme en vermaak-kultuur, met die argument dat hulle 'n nuwe vorm van sosiale beheer verteenwoordig.[5]
Sy bekendste werke is Eros en Beskawing (1955) en Een-Dimensionele Man (1964). Sy Marxistiese siening het baie radikale intellektuele en politieke aktiviste geïnspireer in die 1960's en 1970's, beide in die Verenigde State van Amerika en internasionaal.