Hervormingsoorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
| |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Liberale
Ondersteun deur: |
Konserwatiewe
Ondersteun deur: | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Benito Juarez Ignacio Zaragoza Jesús González Ortega Santos Degollado |
Leonardo Márquez Miguel Miramón Felix Zuloaga | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
Totaal: 8 000 |
Die Hervormingsoorlog (Spaans: Guerra de Reforma) in Meksiko was een van die episodes van die lang stryd tussen liberale en konserwatiewe kragte wat die geskiedenis van die 19de eeu in die land oorheers het. Die liberale wou 'n federale regering met 'n beperkte invloed van die Rooms-Katolieke Kerk en die weermag op die land, terwyl die konserwatiewe gestreef het ná 'n sentralistiese regering met 'n monarg met die Kerk en weermag op hul tradisionele rol en bevoegdhede.
Hierdie konflik het tot 'n burgeroorlog gelei, nadat liberale kragte die regering onder Antonio López de Santa Anna verdring en 'n reeks wette implementeer het om die regte van die kerk en weermag te besny. Die konserwatiewe weerstand teen hierdie besluite het tot die "Plan van Tacubaya" gelei, wat die regering van president Ignacio Comonfort vernietig en die oorblywende liberale gedwing het om ná Veracruz te vlug. Die konserwatiewe het nou Meksikostad en die sentrum van die land beheer, maar die meeste ander deelstate het geen van die twee partye ondersteun.
Omdat die liberale kragte min militêre ervarings gehad het, het hul die meeste van die vroeë gevegte verloor, maar die gety draai nadat die konserwatiewe twee keer misluk het om Veracruz te verower. Liberale oorwinnings het daarna toegeneem, terwyl die konserwatiewe kragte in Desember 1860 gekapituleer het. Terwyl die konserwatiewe kragte die oorlog verloor het, het guerrillas vir die volgende jare landwyd aktief gebly, en die konserwatiewe sou met Franse troepe saamspan om tydens die intervensie in Meksiko die Habsburgse Maksimilian I as keiser van Meksiko te installeer.