Higroskopie is in chemie, fisika en biologie die eienskap van heelparty stowwe om vog aan die lug te onttrek en op te neem.
Baie alledaagse items kan hierdie higroskopiese eienskappe vertoon. Voorbeelde is hout of strooi. Die vermoë om vog op te neem resulteer uit die absorpsie van watermolekules deur dié stowwe se vesels of van die kapillêre werking van kanale tussen die vesels.[1]
Soms is die oorsaak van dié verskynsel egter meer chemies van aard. Heelparty oksiede vertoon 'n groot mate van higroskopie omdat hul die anhidrate van sure of basisse is. 'n Goeie voorbeeld is fosforpentoksied. Dit reageer met vog volgens:
'n Basiese voorbeeld is kaliumoksied:
'n Tussenposisie word ingeneem deur ionogene verbindings wat kristalwater kan opneem en hidrate vorm wat dan 'n ander kristalstruktuur het:
In die laaste geval is die neiging om vog op te neem so groot dat die resultaat 'n vloeibare hidraat is, oftewel 'n sterk gekonsentreerde oplossing, as 'n mens dit eerder só wil beskou.[2]
{{cite book}}
: Onbekende parameter |editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)