Hirosjima 広島市 Hiroshima-shi | |
---|---|
Stad | |
Ligging van Hirosjima in die Hirosjima-prefektuur | |
Ligging van Hirosjima in Japan (in rooi) | |
Koördinate: 34°23′N 132°27′O / 34.383°N 132.450°O | |
Land | Japan |
Gebied | Tsjoegokoe, Saniogebied |
Prefektuur | Hirosjima-prefektuur |
Regering | |
• Burgemeester | Tadatosji Akiba |
Oppervlak | |
• Totaal | 905,01 km2 (349,43 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 159 391 |
• Digtheid | 1 281,1/km2 (3 318/vk. myl) |
Poskode | 730-8586 |
Skakelkodes | 082 |
Boom | Cinnamomum camphora |
Webwerf | http://www.city.hiroshima.jp/ |
Die Japannese stad Hirosjima (広島市, Hirosjima-shi) is die hoofstad van die Hirosjima-prefektuur en sedert die herbou van die stad na die Tweede Wêreldoorlog die grootste stad in die Tsjoegokoestreek van Wes-Honsjoe, die grootste eiland van Japan. Die stad is geleë by 34°23′07″N, 132°27′19″O (die stadshuis). Hirosjima is daarvoor bekend dat dit die eerste stad in die geskiedenis is wat die teiken van kernwapenoorlog was in die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie gebeurtenis het plaasgevind op 6 Augustus 1945 in die Stille Oseaan-oorlogstoneel, 8:15 v.m., toe die Verenigde State se lugmag, die (USAAF) 'n atoombom genaamd "Little Boy" op die stad laat val het.[1] Die grootste deel van Hirosjima is verwoes en teen die einde van die jaar is daar tussen 90 000 en 166 000 mense dood weens die ontploffing en die daaropvolgende newe-effekte. Die Hirosjima-vredesgedenkteken (ook bekend as die Atoombomkoepel en die Giru-koepel), die enigste oorblywende struktuur in die gebied van die ontploffing, is 'n Unesco-wêrelderfenisgebied wat as 'n herinnering aan die atoombomaanval dien.