| ||||||
Algemeen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | holmium, Ho, 67 | |||||
Chemiese reeks | lantaniede | |||||
Groep, periode, blok | 3, 6, f | |||||
Voorkoms | ||||||
Atoommassa | 164,930 (1) g/mol | |||||
Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f116s2 | |||||
Fisiese eienskappe | ||||||
Toestand | vastestof | |||||
Digtheid (naby k.t.) | 8,80 g/cm³ | |||||
Smeltpunt | 1745 K (1472 °C) | |||||
Kookpunt | 2973 K (2700 °C) | |||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 26,3 J/(mol·K) | |||||
Atoomeienskappe | ||||||
Kristalstruktuur | seskantig-diggepak | |||||
Ruimtegroep | P6₃/mmc nommer: 194 | |||||
Strukturbericht-kode | A3 | |||||
Oksidasietoestande | 3 (matige basiese oksied) | |||||
Elektronegatiwiteit | 1,23 (Skaal van Pauling) |
Holmium is 'n chemiese element wat tot die lantaniede behoort. Die element is in 1878 deur Per Teodor Cleve in Uppsala en (onafhanklik) deur Marc Delafontaine en Louis Soret in Genève ontdek. Die naam verwys na die stad Stockholm ("Holmia").[1]
Dit is 'n sagte, glansende silwerwit metaal wat in droë lug stabiel is. Dit word stadig deur suurstof en water aangetas. Die element word in minerale as monasiet en bastnäsiet aangetref. Dit is taamlik seldsaam, hoewel dit steeds 20 keer meer volop as silwer is. Dit het geen biologiese rol nie en dit lyk of sy giftigheid taamlik beperk is.[2]
Holmium word in YAG-lasers aangewend wat geneeskundige gebruike besit.[3]