Die Homeriese kwessie is gemoeid met die onsekerheid en gevolglike debat rondom die identiteit van Homeros, die outeurskap van die Ilias en Odussee asook die historiese egtheid van vernaam die Ilias. Die vakgebied se wortels lê in die Klassieke Oudheid en Hellenisme, maar kom eers werklik tot sy reg onder die Homeriese vakgeleerdes van die 19de en 20ste eeu.
Die belangrikste onderafdelings rakende die Homeriese kwessie is:
"Is die Ilias en die Odussee deur ʼn enkele of meerdere outeurs neergepen?"[2]
"Deur wie, waar, wanneer en onder watter omstandighede is die gedigte saamgestel"[3]
Die moontlikhede van moderne tekskritiek asook argeologiese antwoorde het ʼn paar ekstra vrae tot gevolg:
"Hoe betroubaar is die tradisies soos beliggaam in die Homeriese gedigte?"[4]
"Hoe oud is die oudste elemente in Homeriese digkuns wat met sekerheid gedateer kan word?"[5]
↑Kahane, Ahuvia (2005), Diachronic Dialogues: Authority and Continuity in Homer and the Homeric Tradition, Rowman & Littlefield Publishers, p. 1, ISBN0-7391-1134-5
↑Jensen, Minna Skafte (1980), The Homeric Question and the Oral-Formulaic Theory, D. Appleton and Company, p. 10 Die vraag het verskeie intellektuele uit die breë samelewing geboei, onder andere William Ewart Gladstone, wat in sy vrye tyd ʼn foliant geskryf het ter uitbreiding van die siening dat Homeros een persoon was en op sy eentjie verantwoordelik was vir beide die Ilias en die Odussee.
↑Fowler, Harold North (1903), A History of Ancient Greek Literature, Museum Tusculanum Press, p. 23, ISBN87-7289-096-7
↑Luce, J.V. (1975). Homer and the Homeric Age. Harper & Row. p. 15. ISBN0-06-012722-8.
↑Nilsson, Martin P. (1972), The Mycenaean Origin of Greek Mythology, University of California Press, p. 11, ISBN0-520-01951-2