Homo rudolfensis

Homo rudolfensis
Tydperk: Pleistoseen, 1.9 m. jaar gelede
’n Rekonstruksie van skedel KNM ER 1470
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Homo (?)
Spesie:
H. rudolfensis
Binomiale naam
Pithecanthropus rudolfensis
(Valeri Pavlovich Alekseyev, 1978)[1]

Homo rudolfensis (ook Australopithecus rudolfensis) is ’n uitgestorwe spesie van die Hominini-tribus waarvan net ’n paar fossiele bestaan. Die eerste hiervan is in 1972 deur Bernard Ngeneo, ’n lid van die span onder die antropoloog Richard Leakey en die zoöloog Meave Leakey, ontdek by Koobi Fora, aan die oostekant van die Rudolfmeer (nou die Turkanameer) in Kenia.

Die naam Pithecanthropus rudolfensis is in 1978 voorgestel deur Valeri Pavlovich Alekseyev,[1] wat dit later (in 1986) verander het na Homo rudolfensis[2] vir die skedel KNM ER 1470. Daar word steeds gedebatteer oor of die fossiel genoeg verskille verteenwoordig om ’n aparte spesie te regverdig, en indien wel, of dit geklassifiseer moet word onder die genus Homo of Australopithecus.

Op 8 Augustus 2012 het ’n span onder leiding van Leakey die ontdekking aangekondig van ’n gesig en twee kakebene wat tot H. rudolfensis behoort.

  1. 1,0 1,1 В.П. Алексеев. Палеоантропология земного шара и формирование человеческих рас. М., Наука, 1978г.
  2. Wood, B. (1999). "'Homo rudolfensis' Alexeev, 1986: Fact or phantom?". Journal of Human Evolution. 36 (1): 115–118. doi:10.1006/jhev.1998.0246. PMID 9924136.

Developed by StudentB