Die hoofreeks is 'n aaneenlopende en kenmerkende strook sterre op grafieke wat kleur teenoor helderheid stel, soos die Hertzsprung-Russell-diagram. Sulke sterre is bekend as hoofreeks- of dwergsterre.[1][2]
Nadat ’n ster ontstaan het, wek dit energie op in die warm, digte kernstreek deur middel van die kernfusie van waterstofatome in helium. Tydens dié deel van ’n ster se leeftyd bevind hy hom op die hoofreeks in ’n posisie wat hoofsaaklik deur sy massa bepaal word, maar ook deur sy chemiese samestelling en ander faktore. Alle hoofreekssterre is in hidrostatiese ewewig, waar die buitewaartse druk van die warm kern gebalanseer word deur die binnewaartse swaartekragdruk van die ster. Energie wat in die kern opgewek word, beweeg na die oppervlak van die ster en word uitgestraal.
Hoe groter ’n ster is, hoe korter is sy lewensduur op die hoofreeks gewoonlik. Nadat al die waterstof in die kern opgebruik is, beweeg die ster na buite die hoofreeks op die HR-diagram. Daarna hang die gedrag van die ster af van sy massa: sterre van kleiner as 0,23 sonmassas word direk witdwerge, terwyl sterre van tot 10 sonmassas deur ’n rooireusstadium gaan.[3] Nog groter sterre kan ontplof as ’n supernova[4] of direk in ’n swartkolk inplof.
Ons son is 'n geeldwerg en 'n hoofreeksster van medium grootte. Witdwerge en rooireuse val buite die hoofreeks.
<ref>
tag; no text was provided for refs named smith91
<ref>
tag; no text was provided for refs named powell06
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |month=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
<ref>
tag; no text was provided for refs named science304