Huis van Hannover | |
---|---|
Wapen van die Huis van Hannover
| |
Stam af van | Huis van Wettin Huis van Este Huis van Welfe |
Lande | Indië, Hannover, Verenigde Koninkryk en Brunswyk-Lüneburg |
Hoof | Ernst August V van Hannover |
Stigter | Georg van Brunswyk-Lüneburg |
Gestig | 1635 |
Titels | Keiser van Indië, Koning van Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland, Koning van Groot-Brittanje, Koning van Ierland, Koning van Hannover, Hertog van Brunswyk-Lüneburg, Hertog van Brunswyk |
Opgevolg deur | Huis van Sakse-Koburg en Gotha |
Die Huis van Hannover is ’n Duitse koninklike dinastie wat oor die Hertogdom van Brunswyk-Lüneburg (Duits: Braunschweig-Lüneburg), die Koninkryk van Hannover en die Koninkryk van Groot-Brittanje en die Koninkryk van Ierland regeer het.
Dit het die Huis van Stuart in 1714 opgevolg as heersers van Groot-Brittanje en Ierland tot met die dood van koningin Victoria in 1901. Daar word soms na hulle verwys as die Huis van Brunswyk en Lüneburg, Hannover-lyn. Die Huis van Hannover is ’n jonger tak van die Huis van Welfe, wat weer die senior tak van die Huis van Este is. Al drie is vertakkings van die antieke Saksiese Huis van Wettin.