Huis van Savoje | |
---|---|
Lande | Frankryk, Italië, Spanje |
Titels | Graaf, hertog, koning |
Stigter | Umberto I |
Gestig | 1003 |
Laaste heerser | Umberto II |
Afsetting | 1946 |
Huidige hoof | Amedeo, 5de Hertog van Aosta |
Die Huis van Savoje (Italiaans: Casa Savoia) is in die vroeë 11de eeu in die geskiedkundige Savoje-streek gestig. Deur geleidelike uitbreiding het dit gegroei van heersers oor ’n klein land in daardie streek tot eindelik heersers van die Koninkryk van Italië tot aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog.