Hierdie bladsy is 'n Wikipedia-gebruiksgids wat prosesse of prosedures van sekere aspekte van Wikipedia se norme en standaarde uitlê. Hierdie blad is nie deel van Wikipedia se beleide en riglyne nie; waar inligting teenstrydig is met die inhoud van hierdie essay, neem daardie inligting asseblief in ag. |
Regte Wikipedia-redakteurs sal nooit aanbied om onderhoudsjablone te verwyder in ruil vir geld nie! |
Baie Wikipedia-bladsye vertoon onderhoudsjablone wat probleme identifiseer.Jy het dalk by hierdie hulpbladsy aangekom nadat jy op 'n skakel op 'n onderhoudsjabloon geklik het wat sê "Vind uit wanneer en hoe om hierdie sjabloonboodskap te verwyder".
Onderhoudsjablone word bygevoeg en verwyder deur vrywilligers. Hierdie hulpbladsy verduidelik die proses om sulke sjablone te ondersoek en te verwyder.