Humanisme

Humanisme is 'n filosofiese en etiese houding wat die waarde van die mens, individueel en gesamentlik, beklemtoon. Die betekenis van die term humanisme het gewissel volgens die opeenvolgende intellektuele bewegings wat hulself daarmee vereenselwig het[1] Oor die algemeen verwys humanisme egter na 'n perspektief wat die idee van menslike vryheid en vooruitgang bevestig. Dit beskou mense as verantwoordelik vir die bevordering en ontwikkeling van individue en beklemtoon die besorgdheid oor die mens in verhouding tot die wêreld.[2]

In moderne tye is humanistiese bewegings gewoonlik nie-godsdienstige bewegings wat ooreenstem met die sekularisme, en vandag kan humanisme verwys na 'n nie-teïstiese lewensposisie wat gerig is op menslike agentskap en op soek na wetenskap eerder as openbaring vanuit 'n bonatuurlike bron om die wêreld te verstaan.[3][4]

  1. Nicolas Walter se Humanism – What's in the Word (London: Rationalist Press Association, 1997 ISBN 0-301-97001-7) gee 'n weergawe van die evolusie van die betekenis van die woord humanisme vanuit die oogpunt van 'n moderne sekulêre humanis. 'n Soortgelyke perspektief, maar ietwat minder polemies, verskyn in Richard Norman seOn Humanism (Thinking in Action) (London: Routledge: 2004). Vir 'n historiese en filologiese georiënteerde siening, sien Vito Giustiniani se "Homo, Humanus, and the Meanings of Humanism", Journal of the History of Ideas 46: 2 (April–Junie 1985): 167–95.
  2. Domenic Marbaniang, "Developing the Spirit of Patriotism and Humanism in Children for Peace and Harmony", Children At Risk: Issues and Challenges, Jesudason Jeyaraj (Ed.), Bangalore: CFCD/ISPCK, 2009, bl. 474
  3. Sien byvoorbeeld die 2002 Amsterdam-verklaring<http://iheu.org/humanism/the-amsterdam-declaration/> uitgereik deur die International Humanist and Ethical Union.
  4. The British Humanist Association's definition of Humanism

Developed by StudentB