iCloud | |
iCloud op Mac OS X Lion 10.7.2
| |
Ontwikkelaar | Apple Inc. |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | Ontwikkelaarsvrystelling—6 Junie 2011 Openbare vrystelling—12 Oktober 2011[1] |
Nuutste weergawe | 6.2.2/ 19 Julie 2017 |
Bedryfstelsel | macOS (10.7 Lion & nuwer) Microsoft Windows 7 of nuwer iOS 5 of nuwer |
Beskikbaar in | Veeltalig |
Kategorie | Wolkdiens |
Lisensie | Vryware |
Webblad | www.icloud.com |
iCloud is ’n wolkbergings- en verwerkingsdiens[2][3][4] van Apple Inc. wat op 6 Junie 2011 bekendgestel is by die Apple Wêreldwye Ontwikkelaarskonferensie (WWOK). Die diens laat gebruikers toe om data soos musieklêers op afgeleë rekenaarbedieners te berg om later af te laai na veelvuldige dienste soos iOS-gebaseerde toestelle en persoonlike rekenaars wat met OS X of Microsoft Windows werk. Dit vervang ook apple se MobileMe-diens,[2][3][4] en tree op as ’n datasinkroniseringsentrum vir e-pos, kontakte, kalenders, boekmerke, notas, taaklyste en ander data. In 2012 het die diens reeds meer as 100 miljoen gebruikers.[5]