'n Ideologie (meervoud: ideologieë) is 'n versameling idees wat die grondslag van 'n politieke of ekonomiese teorie of stelsel vorm, veral idees wat tot starheid, onversetlikheid van denke op optrede lei. Daar is baie verskillende tipes ideologieë. Voorbeelde hiervan is kommunisme, sosialisme en kapitalisme. Iemand wat 'n bepaalde ideologie voorstaan of beoefen, word 'n ideoloog genoem.
Ideologieë kan in twee hooftipes ingedeel word: politieke en epistemologiese ideologieë. Politieke ideologieë is etiese idees oor hoe 'n land regeer moet word. Epistemologiese ideologieë is idees oor die filosofie, die heelal, en hoe mense besluite moet neem.
Politieke ideologieë het twee dimensies:
Doelwitte: hoe die samelewing behoort te werk (of gereël moet word).
Metodes: die mees geskikte maniere om die ideale reëling te bereik.
Ideologieë word soms deur hulle posisie in die politieke spektrum geïdentifiseer. Voorbeelde hiervan is linkse, sentrum en regse politiek. Hierdie definisies is egter meestal omstrede. Ideologieë moet onderskei word van politieke strategieë (soos populisme) en enkele kwessies waarom 'n party gebou is (soos die wettiging van dagga).
Daar is baie kommentators wat beweer dat ons vandag in 'n post-ideologieiese era leef,[1] waarin verlossende en alles-omvattende ideologieë misluk het. Die sienswyse word dikwels met Francis Fukuyama se skrywes oor die "einde van geskiedenis" geassosieer.[2]
Slavoj Zizek het uitgewys hoe die idee van post-ideologie die diepste, blindste vorm van ideologie moontlik maak. 'n Soort vals bewussyn of vals sinisme, betrokke by die doel om 'n mens se standpunt aan te bied as om objektief te wees, om neutrale sinisme voor te stel, sonder om werklik so te wees. In plaas daarvan om ideologie te vermy, lei die vermyding van ideologie tot 'n verbintenis tot 'n bestaande een. Zizek noem hierdie "'n postmodernistiese strik".[3]Peter Sloterdijk het reeds in 1988 dieselfde idee voorgehou.[4]
Daar is verskeie studies wat toon dat affiniteit vir 'n spesifieke politieke ideologie oorerflik is.[5][6][7][8][9][10][11][12][13]
↑Bell, D. The End of Ideology: On the Exhaustion of Political Ideas in the Fifties (2000) (2de ed.). Cambridge, Mass: Harvard University Press, bl. 393
↑Fukuyama, F. (1992) The End of History and the Last Man. USA: The Free Press, xi
↑Zizek, Slavoj (2008). The Sublime Object of Ideology (2nd uitg.). London: Verso. pp. xxxi, 25–27. ISBN9781844673001.
↑Sloterdijk, Peter (1988). Critique of Cynical Reason. US: University of Minnesota Press. ISBN9780816615865.