Die Iere (Engels: Irish of Irish people, Iers-Gaelies: Muintir na hÉireann of Na hÉireannaigh) is 'n Keltiesenasie en etniese groep inheems aan Ierland en die omliggende eilande. Volgens argeologiese studies is Ierland sedert sowat 9 000 jaar bewoon. Vir die grootste deel van die geskiedenis van Ierland het die Iere hoofsaaklik 'n Gaeliese volk gevorm. Anglo-Noormanne het dele van Ierland in die 12de eeu verower, terwyl na die Engelse (her)verowering en kolonisering van Ierland in die 16de en 17de eeue 'n groot aantal Engelse en Laeland-Skotte op dele van die eiland gevestig het, veral in Noord-Ierland, waar hulle 'n afsonderlike en aparte etniese groep vorm.
Ierland het 'n bevolking van sowat 5,7 miljoen, maar dit word beraam dat sowat 70 tot 80 miljoen mense wêreldwyd Ierse voorouers het. Histories gesien was emigrasie van Ierland die gevolg van konflikte, hongersnood en ekonomiese kwessies. Mense van Ierse afkoms het hoofsaaklik in Engelssprekende lande, veral die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland, gevestig. Daar is ook 'n beduidende aantal in Argentinië en Meksiko. Die Verenigde State het die meeste mense van Ierse afkoms, terwyl Australië 'n hoër persentasie van mense met Ierse afkoms as enige ander land het.[19] Baie Yslanders het Ierse en Skots-Gaeliese voorouers.[20]
↑(en) American FactFinder, United States Census Bureau. "U.S. Census Bureau, 2007". Factfinder.census.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2012. Besoek op 30 Mei 2010.
↑(en) Helgason, Agnar (2000). "Estimating Scandinavian and Gaelic ancestry in the male settlers of Iceland". The American Journal of Human Genetics. 67 (3): 697–717. doi:10.1086/303046.
↑(en) Ann C. Humphrey. "They Accuse Us of Being Descended from Slaves". Settlement History, Cultural Syncretism, and the Foundation of Medieval Icelandic Identity. Rutgers University, 2009.