Deelstaat Illinois | |||||
| |||||
Bynaam(e): The Prairie State | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Gesproke taal(e) | Engels, Spaans 10,85%, en Pools 1,6% | ||||
Hoofstad | Springfield | ||||
Grootste stad | Chicago | ||||
Area | 25ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 149 998 km2 | ||||
- Wydte | 340 km | ||||
- Lengte | 629 km | ||||
- Water | 5 981 km2 | ||||
- % water | 3,99 % | ||||
- Breedtegraad | 36°58'N tot 42°30'N | ||||
- Lengtegraad | 87°30'W tot 91°30'W | ||||
Bevolking | 5de in die V.S. | ||||
- Totaal | 12 830 632 | ||||
- Digtheid | 89,1/km2 11de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Charles Mound 377 m | ||||
- Gemiddeld | 182 m | ||||
- Laagste punt | Samevloei van Mississippirivier en Ohiorivier 85 m | ||||
Toetrede tot die Unie | 3 Desember 1818 (21ste) | ||||
Goewerneur | Bruce Rauner (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Evelyn Sanguinetti (R) | ||||
Wetgewer | Algemene Vergadering van Illinois | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Dick Durbin (D) Tammy Duckworth (D) | ||||
Tydsone | UTC-6 / Somertyd -5 | ||||
Afkortings | IL US-IL | ||||
Webblad | www.illinois.gov |
Illinois is met sy groot kosmopolitiese bevolking die mees bevolkte deelstaat in die midweste van die Verenigde State en die vyfde mees bevolkte op nasionale vlak, met 12,8 miljoen inwoners volgens die sensus van 2010 en 'n oppervlakte van 149 998 vk km. Sy hoofstad is Springfield.
Met sy ewewig van uitgestrekte voorstede en die metropool Chicago in die noordooste, landelike gebiede, klein nywerheidsdorpe en hoogs produktiewe landboubedryf in Sentraal- en Wes-Illinois, en die steenkoolmyne in die suide beskik die deelstaat oor 'n hoogs gediversifiseerde ekonomiese basis. Sy sentrale ligging, wat die Groot Mere via die Illinoisrivier met die Mississippirivier verbind, het van Illinois sowat 150 jaar lank 'n beduidende vervoersentrum gemaak. Sy mengsel van nywerhede en plase, van stedelike en plattelandse gebiede, maak van Illinois 'n ware mikrokosmos van die Verenigde State.
Terwyl die Illinoisrivier dwarsdeur die deelstaat vloei, vorm die Mississippirivier sy westelike en die Ohio- en Wabashriviere sy suidoostelike grenslyn. Die Michiganmeer lê in die noordooste van Illinois, net soos Chicago.
Die oudste nedersettings van plaaslike Indiaanstamme het reeds omtrent 8000 v.C. ontstaan. Die sogenaamde Mississippi-beskawing met sy sentrum in Cahokia het sy bloeitydperk omtrent 1300 beleef; toe die eerste Europeërs hulle in die gebied gevestig het, was dit deur Algonkin-stamme bewoon.