Indiese subkontinent
Oppervlakte | 4 400 000 km² |
---|---|
Bevolking | 1 700 000 000 |
Bevolkingsdigtheid | 386 inwoners/km² |
Lande | 6 (Bangladesj, Bhoetan, Indië, Nepal, Pakistan en Sri Lanka) |
Tale | Indo-Europees Drawidies |
Tydsones | UTC+5, UTC+5.30, UTC+6 |
Die Indiese subkontinent is die landmassa suid van die Himalaja en maak deel uit van Suid-Asië. Die grootste deel van die subkontinent word deur Indië beslaan, ander lande sluit in Bangladesj, Bhoetan, Nepal, Pakistan en Sri Lanka. Die belangrikste riviere op die subkontinent sluit in Ganges, Godavari, Indus, Krisjna, Narmada en Yamuna. Die gebied word subkontinent genoem, omdat dit nie deel uitmaak van die Asiatiese plaat nie.
Tot en met 1947 het Brits-Indië die hele Indiese subkontinent beheer, maar in hierdie jaar is die Britse kolonies in die lande Indië en Pakistan (saam met Bangladesj) verdeel en in 1971 het Bangladesj van Pakistan onafhanklik geword.