Indo-Irannese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Suid-, Sentraal- en Wes-Asië |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europese tale Indo-Irannese tale |
Onderafdelings: | |
Verspreiding van Indo-Irannese tale |
Die Indo-Irannese tale vorm die grootste en mees oostelike bestaande tak van die Indo-Europese taalfamilie. Hulle word deur meer as een miljard mense gepraat en streek vanaf die Kaukasus (Osseties) en Europa (Romani) ooswaarts tot Xinjiang (Sarikoli) en Assam (Assamees) asook suid tot die Maledive (Dhivehi) en Sri Lanka (Singalees). Die mees afgeleë Indo-Irannese taal is egter Fidjiaanse Hindi, een van die drie amptelike tale van die eilandnasie Fidji in Oseanië.
Die Indo-Irannese taalfamilie bestaan uit die drie hooftakke:
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) behoort aan die Indo-Ariese groep: Hindoestani (Hindi-Oerdoe, 325 miljoen), Bengaals (190 miljoen), Pandjabi (129 miljoen), Marathi (72 miljoen), Rajasthani (50 miljoen), Gujarati (47 miljoen), Awadhi (40 miljoen), Bhojpuri (40 miljoen), Maithili (34 miljoen), Oriya (32 miljoen), Saraiki (26 miljoen), Sindhi (24,5 miljoen), Magahi (20,7 miljoen), Chhattisgarhi (18 miljoen), Nepalees (16 miljoen), Singalees (16 miljoen), Angika (15 miljoen), Rangpuri (15 miljoen), Assamees (13 miljoen), Kannauji (9,5 miljoen), Hariyanavi (8 miljoen), Marwari (7,8 miljoen), Konkani (6 miljoen), Bundeli (5,6 miljoen), Kasjmiri (5,5 miljoen), Dogri (4 miljoen), Bhili (3,2 miljoen), Bagheli (2,7 miljoen), Garhwali (2,5 miljoen) en Kumaoni (2 miljoen). Die belangrikste tale binne die Irannese groep is: Persies (57 miljoen), Pasjtoe (ca. 50 miljoen), Koerdies (30 miljoen), Beloetsji (5 miljoen) en Braj (1,6 miljoen).