Ionisasie

Die proses waardeur atome of molekules lading verkry deur elektrone te verkry of te verloor.

Ionisasie is die fisiese proses waardeur elektrone aan 'n atoom of molekule gegee of van 'n atoom weggeneem word. Dit maak die atoom in 'n ioon, want ione het elektriese lading.

In die proses van ionisasie word 'n elektries neutrale atoom óf positief óf negatief gelaai. Sommige stowwe is makliker om te ioniseer as ander, dit hang van die stof se ionisasie-energie af.[1] Ioniserende straling is 'n algemene oorsaak van ionisasie, maar dit kan ook die gevolg van onder andere hoë temperature en radioaktiewe verval wees.

  1. "Ionization | chemistry and physics". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 15 Julie 2020.

Developed by StudentB