Isotope van seaborgium

Die chemiese element seaborgium (Sg), met ’n atoommassa van ongeveer 263,1182 u, het geen stabiele isotope nie en word dus as ’n radioaktiewe element geklassifiseer. Die 12 isotope is onstabiel en het ’n relatief kort halfleeftyd (die meeste minder as ’n sekonde).

In die natuur kom geen seaborgium voor nie; alle isotope is sinteties in ’n laboratorium berei. Die eerste sintetiese isotoop was 263Sg, in 1974.

Die kortslewende isotoop van seaborgium is 258Sg, met ’n halfleeftyd van ongeveer 3,3 millisekondes. Die langslewende een is 271Sg, met ’n halfleeftyd van 2,4 minute.


Developed by StudentB