Ligging | Istanboel, Turkye |
---|---|
Tydsone | UTC+02:00 |
Kapasiteit | 26 250 onderdaksitplekke + 125 000 tydelike sitplekke[1] |
Argitek | Hermann Tilke[1] |
Groot byeenkomste | Formule Een (Turkse Grand Prix) Wêreldtoermotorkampioenskap Le Mans Series MotoGP FIA World RX of Turkey |
Lengte | 5.338 km (3.317 mi) |
Draaie | 14 |
Rondterekord | 1:24.770 (Juan Pablo Montoya, McLaren-Mercedes, 2005) |
Istanbul Park is 'n motorrenbaan in die dorpie Akfırat, oos van Istanboel, in Turkye. Die renbaan is op 21 Augustus 2005 geopen en het aanvanklik as die Istanbul Otodrom bekend gestaan. Die grootbaas van Formule Een, Bernie Ecclestone, het dit destyds "die beste renbaan ter wêreld" genoem.[2]
Die hoofdoel van die baan is om die Turkse Grand Prix te huisves.