Johannes Hans Daniel Jensen | |
Gebore | Hamburg, Duitse Keiserryk | 25 Junie 1907
---|---|
Oorlede | 11 Februarie 1973 (op 65) Heidelberg, Wes-Duitsland |
Nasionaliteit | Duits |
Alma mater | Universiteit van Hamburg |
Ander akademiese adviseur(s) | Wilhelm Lenz |
Doktorale student(e) | Hans-Arwed Weidenmüller |
Toekennings | Nobelprys vir fisika (1963) |
Johannes Hans Daniel Jensen (25 Junie 1907 - 11 Februarie 1973) was 'n Duitse kernfisikus. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het hy aan die Duitse kernenergieprojek, bekend as die Uraanklub, gewerk waar hy tot die skeiding van uraanisotope bygedra het. Na die oorlog was Jensen professor aan die Universiteit van Heidelberg. Hy was besoekende professor aan die Universiteit van Wisconsin – Madison, die Instituut vir Gevorderde Studie, die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, die Indiana Universiteit en die California Institute of Technology.[1]
Jensen het die helfte van die 1963-Nobelprys vir Fisika met Maria Goeppert-Mayer gedeel "vir hul ontdekkings rakende kernskulpstruktuur". Die ander helfte van die prys is toegeken aan Eugene Wigner vir onverwante werk in kern- en deeltjiefisika.[2]