Jagter se Belt

’n Astrofoto van die Jagter se Belt.

Die Jagter se Belt, die Gordel van Orion of die Drie Konings is ’n patroon in die sterrebeeld Jagter. Dit bestaan uit drie helder sterre: Alnitak, Alnilam en Mintaka. Deur na die drie sterre aan die naghemel te soek, is die maklikste manier om die Jagter te vind. Die sterre lyk byna presies eweredig versprei in ’n reguit lyn, en lyk dus soos die belt of gordel van die Jagter se uitrusting. Hulle is in die Suidelike Halfrond in die somer die beste sigbaar.[1]

  1. Dolan, Chris. "Orion" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2002. Besoek op 28 November 2011.

Developed by StudentB