Jakobus V | |
---|---|
Koning van Skotland | |
Jakobus op sowat 25 jaar. | |
Dinastie | Stuart |
Bewind | 9 September 1513 – 14 Desember 1542 |
Gebore | 10 April 1512 |
Linlithgow, Skotland | |
Gesterf | 14 Desember 1542 (op 30) |
Fife, Skotland | |
Voorganger | Jakobus IV |
Opvolger | Maria I |
Gade van | Madeleine van Valois (1537) Maria van Guise (1538–'42) |
Kinders | Maria I |
Vader | James IV |
Moeder | Margaret Tudor |
Jakobus V (10 April 1512 – 14 Desember 1542) was van 9 September 1513 tot met sy dood koning van Skotland. Sy enigste oorlewende wettige kind, Maria I, het hom opgevolg toe sy net ses dae oud was.
Hy was die seun van Jakobus IV en sy vrou, Margaret Tudor, ’n dogter van Hendrik VII van Engeland. Hy was die enigste wettige kind van sy pa wat ’n volwasse lewe bereik het. Hy het op 17 maande koning geword toe sy pa op 9 September 1513 in ’n veldslag gedood is.