Jamaika

Jamaika
Jamaica (Engels)
Vlag van Jamaika Wapen van Jamaika
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Out of Many, One People
(Engels vir: "Vanuit baie, een volk")
Volkslied: Jamaica, Land We Love
(Engels vir: "Jamaika, Land waarvoor ons lief is")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Jamaika
Hoofstad Kingston

17°59′N 76°48′W / 17.983°N 76.800°W / 17.983; -76.800

Grootste stad Kingston
Amptelike tale EngelsJamaikaanse patois (de facto)
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Patrick Allen
Andrew Holness
Onafhanklikheid
• Toegestaan
van die Verenigde Koninkryk
6 Augustus 1962
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
10 991 km2  (160ste)
4 244 myl2
1,5
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
2 726 667[1] (141ste)
2 697 983[2]
266 / km2 (49ste)
688,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$32,378 miljard[3] (134ste)
$11 802[3] (109de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$15,721 miljard[3] (119de)
$5 730[3] (95ste)

MOI (2021) 0,709[4] (110de)  –  hoog
Gini (2004) 45,5[5](84ste) –  medium
Geldeenheid Dollar (JMD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-5)
nie toegepas nie (UTC-5)
Internet-TLD .jm
Skakelkode +1-876
+1-658 (oortrek van 876; aktief sedert November 2018)

Jamaika (Engels: Jamaica, [dʒəˈmeɪkə], ) is 'n eilandstaat van die Groot-Antille met 234 kilometer in lengte en 80 kilometer in breedte. Jamaika is in die noorde van die Karibiese See geleë en is naas Kuba, die Dominikaanse Republiek, Haïti en die Bahamas die vyfde grootste eilandstaat van die streek.[6] Jamaika beslaan 'n oppervlakte van 10 991 km² en het 'n bevolking van 2 726 667 in 2018 gehad. Jamaika is in die suide van Kuba, in die weste van Hispaniola en in die suidooste van die Kaaimanseilande geleë. Die hoofstad en grootste stad is Kingston. Ander bekende nedersettings sluit in May Pen, Montego Bay en Spanish Town.

Nasa-Satellietbeeld van Jamaika
Kaart van Jamaika
'n Plantasie word tydens die Baptiste-oorlog van 1831–32 aan die brand gesteek
Harbour Street, Kingston, ca. 1820

Die inheemse bevolking, die Taíno, het die eiland in Arawak Xaymaca genoem, wat "land van woud en water" of "land van fonteine" beteken. Jamaika is in 1494 deur Christophorus Columbus vir Europa ontdek en Santiago genoem.[7] Dit het in 1509 'n Spaanse kolonie geword en is by Nieu-Spanje ingelyf. Die meeste lede van die inheemse Arawak- en Taíno-volke het aan siektes beswyk en die Spanjaarde het slawe uit Wes-Afrika ná die eiland gebring. In 1655 is die eiland deur Engeland verower en na Jamaica hernoem. Jamaika het 'n basis vir kapers geword wat Spaanse skepe op pad na Europa geplunder het. In 1833 is slawerny in die Britse Ryk verbied. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.

Op 6 Augustus 1962 het Jamaika van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Jamaika is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Bekende Jamaikane sluit in die sanger Bob Marley (1945–1981) en die naelloper Usain Bolt (* 1986). Die Jamaikaanse kultuur is vir sy Reggae-musiek en Rastafarianisme bekend. Die eiland is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op buitelandse bankdienste, toerisme en mynbou gebaseer.[8]

  1. (en) "Data Query Total Population by sex (thousands)". United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2016. Besoek op 18 April 2018.
  2. (en) "Population Usually Resident in Jamaica, by Parish: 2011". Statistieke Instituut van Jamaika. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 28 Desember 2019.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Jamaica". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 19 September 2022.
  4. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 19 September 2022.
  5. (en) "Gini Index – Jamaica". Wêreldbank. Besoek op 19 September 2022.
  6. (en) "Top 5 Largest Countries in the Caribbean". Aneki.com. Besoek op 17 Augustus 2019.
  7. (en) "Jamaica". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 September 2022.
  8. (en) "Jamaica". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 19 September 2022.

Developed by StudentB