James Webb-ruimteteleskoop

James Webb-ruimteteleskoop
’n Kunstenaar se voorstelling van die teleskoop.
’n Kunstenaar se voorstelling van die teleskoop.
Operateur STScI (Nasa)[1]
Soort sending Ruimteverkenning
Gelanseer 25 Desember 2021
Duur van sending
  • 20 jaar (verwag)[2]
  • 10 jaar (beplan)
  • 2 jaar, 6 maande en 14 dae (verstreke)
Krag 2 kW
Dimensies 20,12 × 14,16 m
Status Aktief
Webtuiste jwst.nasa.gov
Verwysingstelsel Son-Aarde-L2-wentelbaan
Wentelperiode 6 maande
Periapside 250 000 km
Apoapside 832 000 km
Teleskoopdeursnee 6,5 m
Fokuslengte 131,4 m
Fokusverhouding f/20,2
Golflengte 0,6-28,3 μm (oranje tot middelinfrarooi)
Sterrekundeportaal Sterrekunde

Die James Webb-ruimteteleskoop (JWRT) is ’n ruimteteleskoop wat deur Nasa ontwikkel is, met bydraes deur die Europese Ruimteagentskap (ESA) en die Kanadese Ruimteagentskap (CSA). Dit is op 25 Desember 2021 gelanseer. Die JWRT sal ’n resolusie en sensitiwiteit sonder presedent hê, van sigbare lig met lang golflengtes tot middelinfrarooi, en sal die Hubble-ruimteteleskoop vervang as Nasa se vlagskipsending in astrofisika.[3][4] Dit is genoem na James E. Webb, wat van 1961 tot 1968 die administrateur van Nasa was en 'n groot rol in die Apollo-program gespeel het.[5][6]

Webb se Eerste Diepveld, 'n foto van die sterrestelselswerm SMACS 0723.

Die teleskoop het ’n gesegmenteerde primêre spieël van 6,5 m. Die JWRT moet permanent onder 50 kelvin (-223 °C) bly om dowwe seine in die infrarooi te registreer sonder belemmering deur 'n ander hittebron; daarom sal dit by die Son-Aarde se Lagrange-punt L2 ontplooi word, 'n punt sowat 1,5 miljoen km van die Aarde af, waar die teleskoop se sonskerm dit terselfdertyd teen verhitting deur die Son, Aarde en Maan kan beskerm.[7][8]

Die JWRT is ontwerp om veel beter beelde as Hubble na die Aarde terug te stuur en voorwerpe van tot 100 keer dowwer [9] waar te neem. Dit sal 'n groot verskeidenheid ondersoeke in sterrekunde en kosmologie moontlik maak. Dit sluit sterrestelsels in met 'n rooiverskuiwing van tot z≈20,[9] wat van die heelal se oudste en verste voorwerpe is, asook gedetailleerde waarnemings van moontlik bewoonbare eksoplanete.

Dit is op Kersdag 2021[10] vanaf Kourou, Frans-Guiana, deur 'n Ariane 5-lanseringsvoertuig gelanseer. Nasa het die lansering as "foutloos" en "perfek" beskryf.[11] Teen 24 Januarie 2022 was die teleskoop ten volle ontplooi[12][13] en het dit in 'n halowentelbaan om L2 gegaan.[14][15] Dit het tot in Julie 2022 finale toetse en instellings ondergaan voor die beplande navorsing begin het.[16]

Op 3 Februarie 2022 het Nasa getweet dat die teleskoop sy eerste fotons waargeneem het,[17] en op 11 Februarie 2022 het Nasa aangekondig die teleskoop het die eerste fase van sy instelling voltooi, met elke segment van sy primêre spieël wat die ster HD 84406 opgespoor, afgeneem en min of meer gesentreer het.[18][19]

  1. "NASA JWST "Who are the partners in the Webb project?"". NASA. Besoek op 18 November 2011.
  2. https://arstechnica.com/science/2022/01/all-hail-the-ariane-5-rocket-which-doubled-the-webb-telescopes-lifetime/
  3. "About the James Webb Space Telescope". Besoek op 13 Januarie 2012.
  4. "How does the Webb Contrast with Hubble?". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2016. Besoek op 4 Desember 2016.
  5. "ESA JWST Timeline". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2003. Besoek op 13 Januarie 2012.
  6. During, John. "The James Webb Space Telescope". NASA. Besoek op 31 Desember 2011.
  7. "L2, the second Lagrangian Point". Besoek op 5 Desember 2021.
  8. "The Sunshield". nasa.gov. Nasa. Besoek op 28 Augustus 2016.
  9. 9,0 9,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named deepersky
  10. Pinoi, Natasha; Fiser, Alise; Betz, Laura (27 Desember 2021). "NASA's Webb Telescope Launches to See First Galaxies, Distant Worlds – NASA's James Webb Space Telescope launched at 7:20 a.m. EST Saturday [Dec. 25, 2021] on an Ariane 5 rocket from Europe's Spaceport in French Guiana, South America". Nasa. Besoek op 28 Desember 2021.
  11. https://www.space.com/james-webb-space-telescope-launch-nasa-reaction
  12. Roulette, Joey; Overbye, Dennis (8 Januarie 2022). "The James Webb Space Telescope Finishes Unfolding: How to Watch – While there are no cameras aboard the spacecraft, NASA is providing updates as the telescope deploys its mirrors. Here's what you need to know". The New York Times. Besoek op 8 Januarie 2022.
  13. Pinol, Natasha; Fisher, Alise; Betz, Laura; Margetta, Robert (8 Januarie 2022). "Release 22-004: NASA's Webb Telescope Reaches Major Milestone as Mirror Unfolds". NASA. Besoek op 9 Januarie 2022.
  14. Roulette, Joey (24 Januarie 2022). "After Million-Mile Journey, James Webb Telescope Reaches Destination – The telescope's safe arrival is a relief to scientists who plan to spend the next 10 or more years using it to study ancient galaxies". The New York Times. Besoek op 24 Januarie 2022.
  15. "Orbital Insertion Burn a Success, Webb Arrives at L2 – James Webb Space Telescope".
  16. Overbye, Dennis; Roulette, Joey (8 Januarie 2022). "A Giant Telescope Grows in Space – Everything is going great for the James Webb Space Telescope. So far". The New York Times. Besoek op 9 Januarie 2022.
  17. https://mobile.twitter.com/NASAWebb/status/1489319970324496386, Februarie 2022
  18. Overbye, Dennis (11 Februarie 2022). "James Webb Telescope Sends Home a Selfie and 18 Images of Starlight – The spacecraft recorded a series of images of a target star that will be used to help its mirrors prepare for scientific research". The New York Times. Besoek op 12 Februarie 2022.
  19. https://blogs.nasa.gov/webb/2022/02/11/photons-received-webb-sees-its-first-star-18-times

Developed by StudentB