Japannese Rugbyvoetbalunie | |
---|---|
Kenteken van die Japannese Rugbyvoetbalunie
| |
Engelse naam | Japan Rugby Football Union |
Afkorting | JRFU |
Japannese naam | 日本ラグビーフットボール協会, Nihon Ragubi- Futtobo-ru Kyo-kai |
Land | Japan |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Gestig op | 30 November 1926 |
Gestig in | Tokio, Japan |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1987 |
Vastelandse beheerliggaam | Asië Rugby |
Patroon | Prinses Akiko van Mikasa |
Voorsitter | Kensuke Iwabuchi |
President | Masato Tsuchida |
Setel | Chichibunomiya Rugbystadion, Tokio, Japan |
Amptelike taal | Japannees |
Amptelike webwerf | rugby-japan.jp |
Die Japannese Rugbyvoetbalunie (Engels: Japan Rugby Football Union, afgekort “JRFU”; Japannees: 日本ラグビーフットボール協会, Nihon Ragubi- Futtobo-ru Kyo-kai) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Japan beheer. Die beheerliggaam is in 1926 gestig en by die Chichibunomiya Rugbystadion in Tokio gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit Japan by Wêreldrugby en sedert 1968 ook by Asië Rugby (“AR”).