Jaws | |
---|---|
Die ingang tot die Jaws-rit by Universal se Florida-ateljee. Dit is nou gesluit. | |
Regisseur | Steven Spielberg |
Vervaardiger |
|
Draaiboek | Peter Benchley |
Met | |
Musiek deur | John Williams |
Kinematografie | Bill Butler |
Redigeerder | Verna Fields |
Ateljee | |
Verspreider | Universal Pictures |
Uitgereik | 20 Junie 1975 |
Speeltyd | 124 minute[2] |
Land | VSA |
Taal | Engels |
Begroting | $9 miljoen |
Bruto wins | $476,5 miljoen |
Jaws is 'n Amerikaanse rillerrolprent van 1975 wat deur Steven Spielberg geregisseer is. Dit is geskoei op die roman van 1974 met dieselfde naam deur Peter Benchley. Roy Scheider vertolk die rol van die polisiehoof Martin Brody, wat met die hulp van 'n mariene bioloog (Richard Dreyfuss) en 'n professionele haaijagter (Robert Shaw) 'n mensvreterhaai jag wat mense op 'n vakansiedorp aanval. Murray Hamilton vertolk die rol van die burgermeester en Lorraine Gary dié van Brody se vrou.
Die prent is hoofsaaklik verfilm by Martha's Vineyard in Massachusetts[3] en was die eerste een wat op see geskiet is.[4] Die vervaardiging was dus moeilik en die prent het die verfilmingstyd en begroting oorskry. Omdat die meganiese haai dikwels nie gewerk het nie,[5] het Spielberg besluit om dikwels net te sinspeel op die haai se teenwoordigheid.[6] Die musiek van John Williams is gebruik om aan te dui wanneer die haai sy verskyning gaan maak. Spielberg en ander het dié suggestiewe benadering vergelyk met dié van die regisseur Alfred Hitchcock.
Jaws is beskou as 'n waterskeidende oomblik in die rolprentwese. Dit was 'n tipiese somertreffer en het verskeie pryse vir sy musiek en redigering gewen. Dit het die meeste geld van alle tye by die loket verdien tot met die uitreiking van Star Wars twee jaar later. Albei prente het 'n belangrike rol gespeel in die daarstelling van die moderne Hollywood-sakemodel, wat 'n groot opbrengs soek met aksie- en avontuurflieks wat in die noordelike somer in duisende teaters uitgereik word en goed geadverteer word. Ná Jaws is drie opvolgprente uitgereik, waarby nie Spielberg of Benchley betrokke was nie. In 2001 het die Library of Congress dit gekies vir opname in die Amerikaanse nasionale rolprentregister as "kultureel, histories of esteties belangrik".[7][8]