| |||||
Nasionale leuse: الله، ٱلْوَطَن، ٱلثَوْرَة، ٱلْوَحْدَة Allāh, al-Waṭan, ath-Thawrah, al-Waḥdah (Arabies vir: "God, Nasie, Rewolusie, Eenheid") | |||||
Volkslied: الجمهورية المتحدة al-Jumhūriyyah al-Muttaḥidah (Arabies vir: "Verenigde Republiek") | |||||
Hoofstad | Sanaa | ||||
Grootste stad | Sanaa | ||||
Amptelike tale | Arabies | ||||
Regering | Unitêre republiek Rashad al-Alimi Ahmad Awad bin Mubarak | ||||
Onafhanklikheid • Noord-Jemena
• Arabiese Republiek Jemen • Suid-Jemenb • Vereniging • Huidige grondwet |
30 Oktober 1918 26 September 1962 30 November 1967 22 Mei 1990 16 Mei 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
527 968 km2 (49ste) 203 850 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2016-skatting - 2004-sensus - Digtheid |
27 584 213[1] (48ste) 19 685 000[2] 44,7 / km2 (160ste) 115,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
MOI (2015) | ▼ 0,482[4] (168ste) – laag | ||||
Gini (2014) | 36,7[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Rial (YER )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ye, اليمن. | ||||
Skakelkode | +967 | ||||
a. van die Ottomaanse Ryk. b. van die Verenigde Koninkryk |
Jemen (Arabies: ٱلْيَمَن, al-Yaman), amptelik die Republiek Jemen (الجمهورية اليمنية, al-Jumhūriyyah al-Yamaniyyah), is 'n republiek in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 527 968 km² en het in 2016 'n bevolking van 27 584 213 gehad. Jemen grens in die noorde aan Saoedi-Arabië, in die noordooste aan Oman, in die ooste aan die Arabiese See, in die suide aan die Golf van Aden, in die suidweste aan die Bab-el-Mandeb en in die weste aan die Rooisee.
Die hoofstad en grootste stad is Sanaa, terwyl die belangrikste hawestad Aden is. Die eiland Sokotra, wat in Afrika naby Somalië aan die Horing van Afrika geleë is, behoort aan Jemen.