Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Israel Palestynse Owerheid |
Distrik | Jerusalem |
Koördinate | 31°46′N 35°13′O / 31.767°N 35.217°O |
Stigting | 4de millennium v.C |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 125,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 754 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 933 113 |
- Bevolkingsdigtheid | 6 183 vk/km |
- Metropolitaanse gebied | 1 700 300 |
Tydsone | UTC +02:00 |
Somertyd | UTC +03:00 |
Burgemeester | Moshe Lion (Zaki al-Ghul (ooste)) |
Amptelike Webwerf | jerusalem.muni.il |
Jerusalem (Hebreeus: ירושלים Jeroesjalajim, ; Oud-Grieks: Ἱεροσόλυμα; Latyn: Hierosolyma; Arabies: القدس, al-Quds (asch-Scharif), , letterlik: „die Heilige“ of amptelik: أورشليم القدس, Urshalim-al-Quds; Turks: Kudüs) is die hoofstad en grootste nedersetting van Israel met 'n bevolking van 933 113. Die stad lê tussen die Middellandse See in die weste en die Dooie See in die ooste. Jerusalem is die Heilige stad van die drie Abrahamitiese gelowe Judaïsme, Christendom en Islam. Jerusalem is saam met Hebron, Safed en Tiberias een van die vier heilige stede binne Judaïsme.[1] In Islam is Jerusalem die derde heiligste stad net na Mekka en Medina.[2]
In die ou stad lê die Klaagmuur, die Grafkerk en die Rotskoepel. Oos-Jerusalem is onderverdeel in 'n Joodse, 'n Christen-, 'n Moslem- en 'n Armeense kwartier. Oos-Jerusalem word deur Palestyne opgeëis as hoofstad van 'n toekomstige Staat Palestina, 'n belangrike element in die Israel-Palestina-konflik. Israel verwys egter met reg daarop dat sy burgers, ongeag hulle geloofsoortuigings, tussen 1948 en 1967 deur die destydse Jordaanse owerheid toegang tot Oos-Jerusalem geweier is.
Een van Israel se Fundamentele Wette, die Jerusalem-wet van 1980, verwys na Jerusalem as die land se onverdeelde hoofstad. Alle regeringsliggame van Israel is hier gesetel, insluitende die parlement (Knesset), die ampswonings van die eerste minister (Beit Aghion) en die staatspresident (Beit HaNassi) en die Hooggeregshof. Die de facto-status van Jerusalem as hoofstad van Israel is weerspieël deur die feit dat die Verenigde State hul ambassade in 2018 hierheen verskuif het – in ooreenstemming met die Amerikaanse Kongres se Jerusalem Embassy Act van 1995.[4] Ander state soos Guatemala en Paraguay het hierdie voorbeeld intussen gevolg.
Die historiese stadskern van Jerusalem word sedert 1981 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)