Jinnah Internasionale Lughawe جناح بین الاقوامی ہوائی اڈا | |||
---|---|---|---|
IATA: KHI – ICAO: OPKC | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Pakistan Civil Aviation Authority Manager: Afsar Malik[1] | ||
Ligging | Karatsji, Sindh, Pakistan | ||
Geopen | 1947 | ||
Spil vir | Pakistan International Airlines | ||
Hoogte bo seevlak | 100 vt / 30 m | ||
Koördinate | 24°54′24″N 67°09′39″O / 24.90667°N 67.16083°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaarts | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
07R/25L | 3 400 | 11 155 | Beton |
07L/25R | 3 200 | 10 500 | Beton |
Statistieke (2019-20[2]) | |||
Passasiers | 7,57 miljoen | ||
Lugbewegings | 58 004 15.51% | ||
Vrag (ton) | 125 730 |
Jinnah Internasionale Lughawe (Urdu: جناح بین الاقوامی ہوائی اڈا) (IATA: KHI, ICAO: OPKC), voorheen Drigh Road-lughawe of Karachi Civil Airport, is Pakistan se besigste internasionale en binnelandse lughawe, en het 7 267 582 passasiers in 2017–2018 hanteer.[3]Dit is geleë in Karatsji, die grootste stad en kommersiële hoofstad van Pakistan, en is vernoem na Muhammad Ali Jinnah, die stigter van Pakistan.
Die lughawe word deur die Burgerlugvaartowerheid (CAA) bestuur en dien as 'n spilpunt vir die nasionale vlagredery, Pakistan International Airlines, airblue en vele ander privaatlugrederye. Die lughawe is toegerus met vliegtuigingenieurswese en opknappingsfasiliteite, insluitend die Ispahani Hangar, spesiaal vir wyerompvliegtuie.[4]