Johan de Witt | |
De Witt in 1652 | |
Raadspensioenaris van Holland
| |
Ampstermyn 30 Julie 1653 – 4 Augustus 1672 | |
Voorafgegaan deur | Adriaan Pauw |
---|---|
Opgevolg deur | Gaspar Fagel |
Pensioenaris van Dordrecht
| |
Ampstermyn 21 Desember 1650 – 30 Julie 1653 | |
Voorafgegaan deur | Nicolaas Ruys |
Opgevolg deur | Govert van Slingelandt |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Dordrecht, Nederlandse Republiek | 24 September 1625
Sterf | 20 Augustus 1672 (op 46) Den Haag, Nederlandse Republiek |
Politieke party | Nederlandse Stateparty |
Kind(ers) | Johan de Witt Jr. |
Alma mater | Universiteit van Leiden |
Johan de Witt (Nederlandse fonetiese uitspraak: ˈjoːɦɑn də ˈʋɪt) (24 September 1625 – 20 Augustus 1672) was 'n Nederlandse staatsman en belangrike politieke figuur in die Nederlandse Republiek in die 1600's, toe die Republiek se bloeiende seehandel dit 'n toonaangewende Europese handels- en seevarende mag gemaak het. Die eeu staan nou algemeen bekend as die Nederlandse Goue Eeu. De Witt het die Nederlandse politieke stelsel vanaf 1650, tot kort voor sy dood deur 'n pro-monargistiese gepeupel in 1672, beheer. Hy het met verskillende faksies uit byna al die groot stede saamgewerk, veral dié uit sy tuisdorp Dordrecht en dié van sy vrou se tuisdorp Amsterdam.
As 'n Republikein het de Witt die Huis van Oranje-Nassau en die Orangiste teëgestaan en 'n magsverskuiwing van die sentrale regering na die Regente probeer bewerk. Sy verwaarlosing van die Nederlandse leër (aangesien die Regente slegs op handelsvaartuie gefokus het en gedink het dat hulle oorlog kon vermy), toe die Nederlandse Republiek talle vroeë nederlae in die Rampjaar van 1672 gely het, was egter rampspoedig. Tydens die histerie wat gevolg het op 'n moeitelose inval bestaande uit 'n koalisie van Engeland, die Koninkryk van Frankryk en sommige Duitse state, is hy en sy broer Cornelis de Witt geblameer en in Den Haag deur onlusmakers vermoor.[1][2] Die onlusmakers is nooit vervolg nie,[2] en historici het al gespekuleer dat Willem van Oranje hulle dalk aangehits het.[1]