Johan van Oldenbarnevelt (Nederlandse uitspraak: ˈjoːɦɑn vɑn ɔldə(n)ˈbɑrnəvɛlt), Heer van Berkel en Rodenrijs (1600), Gunterstein (1611) en Bakkum (1613) (14 September 1547 – 13 Mei 1619) was 'n Nederlandse staatsman wat 'n belangrike rol gespeel het in die Nederlandse stryd om onafhanklikheid van Spanje.
Van Oldenbarnevelt is gebore in Amersfoort.[1][2] en het grootgeword in huis Bollenburg.[3] Hy het regte studeer aan die Universiteit van Leuven, Universiteit van Bourges, Ruprecht-Karls-universiteit en Universiteit van Padua, en deur Frankryk en Italië gereis, voordat hy hom in Den Haag gevestig het. Hy was 'n ondersteuner van Willem van Oranje in sy verset teen Spanje en het in Willem se leër geveg. In sy latere jare was hy 'n ondersteuner van die Arminianiste tydens die godsdienstig-politiese kontroversie wat die jong Nederlandse Republiek verdeel het, en uiteindelik op 13 Mei 1619 tot sy onthoofding sou lei in die Binnenhof in Den Haag. Hy is die stigter van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie.