Ds. Johan Wilhelm Jansen van Ryssen | |
Ds. Johan W.J. van Ryssen
| |
Naam | Johan Wilhelm Jansen van Ryssen |
---|---|
Geboorte | 19 Oktober 1910 Reddersburg , Oranje-Vrystaat |
Sterfte | 12 Augustus 1987 (op 76) |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Kaapstad, Middelburg, Kaap, Outjo, Parys, Potgietersrus, Laeveld (Tzaneen en Duiwelskloof) |
Jare aktief | 1937–1977 |
Kweekskool | Teologiese Skool Potchefstroom |
Dr. Johan Jansen van Ryssen (Reddersburg, 19 Oktober 1910 – 12 Augustus 1987) was tussen 1937 en 1977 leraar in ses gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.
Buiten die bediening, het ds. Van Ryssen ook in kultuursake belanggestel en dikwels leiding geneem. In Suidwes-Afrika, waar hy leraar van Outjo was, het hy hom veral die lot van die Dorslandtrekkers aangetrek en tree hy op as voorsitter van die reëlingskomitee van twee Dorslandtrek-herdenkingsfeeste, onderskeidelik in 1950 en 1953. Baie artikels en briewe het uit sy pen verskyn. Hy was ook medeskrywer van Die leë wieg en skrywer van Die Messias uit die aarde. Hy het 'n tyd lank in die kuratorium van die Teologiese Skool Potchefstroom gedien en ook in die kieskollege.