Johannes Calvyn

Johannes Calvyn
Anonieme 16de eeuse portret van Calvyn.
Gebore
Jehan Cauvin

(1509-07-10)10 Julie 1509
Sterf27 Mei 1564 (op 54)
Plek begraweCimetière des Rois
MonumenteMur des Réformateurs, Genève, Switserland
BurgerskapKoninkryk van Frankryk
Republiek van Genève
Alma materUniversiteit van Parys
Universiteit van Orléans
Universiteit van Bourges
BeroepKerkhervormer, Teoloog, Skrywer
Beweging
EggenootIdelette de Bure (trou 1540; d. 1549)
Ouer(s)Gérard Cauvin
Jeanne le Franc
GeloofRooms-Katoliek, na 1530 Protestants
Noemenswaardige werke
Handtekening
Preview warning: Sjabloon:Inligtingskas Persoon gebruik onbekende parameter "monumente"
Preview warning: Sjabloon:Inligtingskas Persoon gebruik onbekende parameter "geloof"

Johannes Calvyn (Middel-Frans: Jehan Cauvin; Frans: Jean Calvin; *10 Julie 1509 – †27 Mei 1564) was 'n invloedryke Franse teoloog, pastoor en hervormer in Genève tydens die Protestantse Hervorming. Hy was 'n hooffiguur in die ontwikkeling van die sisteem van Christelike teologie wat later Calvinisme genoem is[1], insluitend die leerstellings van predestinasie en van God se absolute soewereiniteit in die redding van die menslike siel van die dood en ewige verdoemenis. Calvinistiese leerstellings is beïnvloed deur en uitgebrei op die Augustynse en ander Christelike tradisies. Verskeie Gereformeerde, Kongregasionele en Presbiteriaanse Kerke, wat na Calvyn kyk as die hoofuitlegger van hul oortuigings, het oor die hele wêreld versprei.

Calvyn was 'n onvermoeide polemikus en apologetiese skrywer wat baie kontroversie veroorsaak het. Hy het ook hartlike en ondersteunende briewe met baie hervormers uitgeruil, insluitend Philipp Melanchthon en Heinrich Bullinger. Benewens sy Institusie van die Christelike godsdiens, het Calvyn kommentaar op die meeste boeke van die Bybel, belydenisdokumente en verskeie ander teologiese verhandelings geskryf.

Calvyn is oorspronklik opgelei as 'n humanistiese advokaat. Hy het omstreeks 1530 die bande met die Rooms-Katolieke Kerk gebreek. Nadat godsdienstige spanninge aanleiding tot gewelddadige optrede teen Protestante in Frankryk gegee het, het Calvyn na Basel in Switserland gevlug waar hy in 1536 die eerste uitgawe van sy Institutio Christianae Religionis ("Institusie van die Christelike godsdiens") gepubliseer het – sy teologiese hoofwerk en een van die belangrikste geskrifte van die Reformasie. Nog in dieselfde jaar is Calvyn deur die gereformeerde predikant Guillaume Farel aangestel om behulpsaam te wees met die hervorming van die Geneefse kerk. Die beheerraad van die stad het egter die implementering van hul idees teëgestaan, en albei mans is geskors. Op uitnodiging van Martin Bucer het Calvyn na Straatsburg gegaan, waar hy die predikant van 'n kerk van Franse vlugtelinge geword het. Hy het voortgegaan om die hervormingsbeweging in Genève te ondersteun, en in 1541 is hy teruggenooi om die kerk van die stad te lei.

Ná sy terugkeer het Calvyn nuwe vorme van kerkbestuur en liturgie ingestel, ongeag die weerstand van verskeie invloedryke families in Genève wat probeer het om sy gesag probeer beteuel het. Gedurende hierdie tydperk het Michael Servetus, 'n Spanjaard wat deur beide Rooms-Katolieke en Protestante as 'n ketterse siening van die Drie-eenheid beskou word, in Genève aangekom. Hy is deur Calvyn aan die kaak gestel en deur die stadsraad vir dwaalleer op die brandstapel verbrand. Na 'n toestroming van ondersteunende vlugtelinge en nuwe verkiesings tot die stadsraad, is Calvyn se opponente uit gedwing. Calvyn het sy laaste jare deurgebring om die Hervorming beide in Genève en regoor Europa te bevorder.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Developed by StudentB