Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe

Jomo Kenyatta
Internasionale Lughawe
Tuine rondom die terminaal waar daar in 2013 'n brand uitgebreek het.
IATA: NBOICAO: HKJK
Opsomming
Tipe lughawe Siviel en militêr
Operateur Kenya Airports Authority
Bedien Nairobi
Ligging Nairobi, Kenia
Spil vir Fly540
Kenya Airways
Hoogte bo seevlak 5 327 vt / 1 624 m
Webtuiste www.kaa.go.ke
Landkaart
NBO is in Kenia
NBO
NBO
Ligging van Jomo Kenyatta in Kenia
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
06/24 13 507 4 117 Teer
Statistieke (2020)
Passasiers 984 769
Lugbewegings 2 000
(Covid-19)

Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe (IATA: NBO, ICAO: HKJK) is die internasionale lughawe in Nairobi, die hoofstad en grootste stad van Kenia.

Dit is in die voorstad Embakasi geleë, 15 km (9 myl) suidoos van Nairobi se sentrale sakegebied. Die lughawe hanteer vlugte na geskeduleerde bestemmings in meer as 50 lande.[1] Die lughawe is vernoem na Jomo Kenyatta, Kenia se eerste president en eerste minister.

Die lughawe het meer as 7 miljoen passasiers in 2016 bedien,[2] wat dit die sewende besigste lughawe volgens passasiersverkeer in Afrika maak.[3] Die lughawe is die spilpunt vir die vlagdraer, Kenya Airways asook die laekosteredery Fly540.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named fmapper
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named passengers
  3. "AfroVisual Data "Africa's Top 10 Busiest Airports in 2016"". Besoek op 5 Mei 2017.

Developed by StudentB