Jonathan Ive

Jonathan Ive

Sir Jonathan Paul (Jony) Ive, KBE (* 27 Februarie 1967 in Chingford, Londen) is 'n Britse ontwerper wat 'n beslissende bydrae gelewer het tot die ontwerp van baie produkte van die Amerikaanse rekenaar- en tegnologiereus Apple, Inc.

As Apple se hoofontwerper was hy ook betrokke by die ontwerp van die grafiese koppelvlak van sagteware, die verpakking van produkte, groter argitektoniese Projekte soos die hoofkwartier Apple Park en Apple-winkels dwarsoor die wêreld. Meer as 5 000 patente is aan Ive toegeken, net soos pryse in die ontwerpbedryf. So is Jonathan Ive aangewys as die Londense Ontwerpmuseum (London Design Museum) se eerste Ontwerper van die Jaar (in 2003). Daarnaas is die Design and Art Direction (D&AD) President’s Award (in 2005) en die Cooper-Hewitt National Design Museum’s Product Design Award (in 2007) aan hom toegeken.[1]

Op 27 Junie 2019 het hy aangekondig dat hy na byna dertig jaar uit sy pos sal bedank om sy eie kreatiewe besigheid, LoveFrom, te vestig - met Apple, Inc. as een van sy vernaamste klante. Ive sal opgevolg word deur Evans Hankey (ontwerp van hardeware) en Alan Dye (sagteware).[2]

  1. Apple.com: Apple Leadership - Jonathan Ive, Chief Design Officer. Besoek op 8 September 2019
  2. The Guardian, 27 Junie 2019: Jony Ive, Apple designer behind iPhone and iMac, to exit company after 30 years. Besoek op 8 September 2019

Developed by StudentB