Josiah Willard Gibbs | |
---|---|
Josiah Willard Gibbs
| |
Gebore | New Haven, VSA | 11 Februarie 1839
Sterf | 28 April 1903 (op 64) New Haven, VSA |
Vakgebiede | fisika, chemie, wiskunde |
Werkplek | Yale-universiteit |
Alma mater | Yale-universiteit |
Proefskrif | On the form of the teeth of wheels in spur gearing 1863 |
Doktorale adviseur | Hubert Anson Newton |
Doktorale studente | Edwin Bidwell Wilson Irving Fisher Henry Andrews Bumstead Lynde Wheeler Lee De Forest |
Bekend vir |
|
Beïnvloed deur | Rudolf Clausius James Clerk Maxwell Ludwig Boltzmann |
Beïnvloed | Johannes Diderik van der Waals |
Toekennings |
Josiah Willard Gibbs (11 Februarie 1839 - 28 April 1903) was 'n Amerikaanse wetenskaplike wat beduidende teoretiese bydraes tot fisika, chemie en wiskunde gelewer het. Sy werk oor die toepassings van termodinamika het daartoe bygedra om fisiese chemie in 'n streng induktiewe wetenskap te omskep. Saam met James Clerk Maxwell en Ludwig Boltzmann het hy statistiese meganika geskep ('n term wat hy self geskep het) en die wette van termodinamika verduidelik as gevolge van die statistiese eienskappe van groepe ("ensembles") van die moontlike toestande van 'n fisiese stelsel wat uit baie deeltjies bestaan. Gibbs het ook gewerk aan die toepassing van vergelykings van Maxwell op probleme in fisiese optika. As wiskundige het hy moderne vektoranalise ontwikkel (onafhanklik van die Britse wetenskaplike Oliver Heaviside, wat in dieselfde tydperk soortgelyke werk gedoen het).
In 1863 is die eerste Amerikaanse doktorsgraad in ingenieurswese aan Gibbs deur Yale-universiteit toegeken. Na 'n drie jaar lange verblyf in Europa het Gibbs die res van sy loopbaan te Yale deurgebring, waar hy 'n professor in wiskundige fisika was van 1871 tot sy dood. Terwyl hy in relatiewe isolasie gewerk het, het hy die vroegste teoretiese wetenskaplike in die Verenigde State geword wat 'n internasionale reputasie verwerf het en is hy deur Albert Einstein geprys as "die grootste verstand in die Amerikaanse geskiedenis".[2] In 1901 het Gibbs die Copley-medalje van die Royal Society of London ontvang "vir sy bydraes tot wiskundige fisika."[3] Dit is destyds beskou as die hoogste eer wat toegeken kon word deur die internasionale wetenskaplike gemeenskap.[2]
Alhoewel Gibbs se werk byna geheel en al teoreties was, het die praktiese waarde van sy bydraes duidelik geword met die ontwikkeling van industriële chemie tydens die eerste helfte van die 20ste eeu. Volgens Robert A. Millikan het Gibbs wat die suiwer wetenskap betref, "vir statistiese meganika en termodinamika gedoen wat Laplace vir hemelmeganika gedoen het, en Maxwell vir elektrodinamika, naamlik om sy veld van 'n amper voltooide teoretiese struktuur te voorsien."[4]
<ref>
tag; no text was provided for refs named formemrs
<ref>
tag; no text was provided for refs named APS
<ref>
tag; no text was provided for refs named Copley
<ref>
tag; no text was provided for refs named Millikan