Juanita du Plessis | |
---|---|
Geboortenaam | Juanita Naudé |
Gebore | 26 April 1972 Windhoek, Suidwes-Afrika |
Oorsprong | Namibië |
Genres | Pop Afrikaans |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem en Kitaar |
Jare aktief | 1998 - Nou |
Etikette | Juanita Records |
Juanita du Plessis (née Naudé) (26 April 1972 – ) is 'n bekende Suid-Afrikaanse sangeres wat in Suidwes-Afrika gebore is. Sy het bekend geword na haar treffer "Ska-Rumba".
Juanita is getroud met Herman (Doepie) du Plessis. Saam het hulle drie kinders – Ruan, Mario en Franja (die laaste twee is 'n tweeling). Haar broer, Pieter Naudé, haar dogter, Franja du Plessis en seun Ruan Josh is ook sangers in eie reg. Die totale verkope van al haar albums beloop reeds meer as 2 miljoen eenhede.[1]
In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse DVD vir haar 10 Jaar Platinum Treffers.[2] Die DVD bevat al Juanita du Plessis se suksesvolste treffers oor die eerste 10 jaar van haar sangloopbaan. In 2018 vier Juanita haar 20 jaar in die musiek bedryf met 'n treffers album: 20 Jaar, Treffers van 2008 - 2018.
Du Plessis is sedert 2023 gereeld in die spervuur weens haar betrokkenheid by die omstrede sakeman Louis Liebenberg.[3]