Justinianus I | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Detail van ’n moderne portret in die Basilika van San Vitale, Ravenna.
| |
Bewind | 1 Augustus 527 – 13/14 November 565 |
Volle naam | Flavius Petrus Sabbatius Iustinianus Augustus |
Dinastie | Justiniaanse |
Gebore | Omstreeks 482 |
Oorlede | 14 November 565 |
Voorganger | Justinus I |
Opvolger | Justinus II |
Eggenote | Theodora |
Vader | Sabbatius |
Moeder | Vigilantia |
Sint Justinianus die Grote | |
---|---|
'n Engel wys vir Justinian 'n model van die Aya Sophia, illustrasie deur Herbert Cole (1912) | |
Keiser | |
Vereer in | Oosters-Ortodokse Kerk Rooms-Katolieke Kerk Lutheranisme Oosters-Katolieke Kerk |
Pelgrimsoord | Kerk van die Heilige Apostels, Konstantinopel hedendaagse Istanboel, Turkye |
Feesdag | 14 November |
Attribute | Keiserlike gewaad |
Justinianus I (Latyn: Petrus Sabbatius Iustinianus Augustus, Grieks: Φλάβιος Πέτρος Σαββάτιος Ἰουστινιανός; omstreeks 482 – 14 November 565), algemeen bekend as Justinianus die Grote, was die Bisantynse keiser van 527 tot met sy dood in 565. Tydens sy bewind het hy probeer om die Oos-Romeinse Ryk se glorie te herstel en die verlore westelike helfte van die klassieke Romeinse Ryk te herower.
Hy was een van die belangrikste figure van die Laat Oudheid en die laaste Romeinse keiser wie se eerste taal Latyn was.[1] Sy bewind het ’n onderskeid gebring in die geskiedenis van die Oos-Romeinse Ryk. Sy administrasie het ’n uitwerking gehad ver buite sy tyd en grense, en is gekenmerk deur die ambisie om "die ryk te herstel".[2]
’n Vernietigende builepes-epidemie in die vroeë 540's het die einde van ’n tydperk van grootsheid ingelui. Die ryk het ’n agteruitgang beleef wat eers in die 9de eeu omgekeer is.
Procopius is die primêre bron oor die bewind van Justinianus en latere gebeure is geboekstaaf deur Johannes van Efese. Albei historici het verbitter geraak teenoor Justinianus en sy vrou, Theodora.
Justinianus word onder Ortodokse Christene as ’n heilige beskou. Sy feesdag is 14 November (of soms 27 November volgens die Gregoriaanse kalender).