KV20 | ||
Grafkelder van Toetmoses I en Hatsjepsoet | ||
Die grafkamer J2 van KV20, soos gesien deur Howard Carter (omstreeks 1904) | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | Voor 1799 | |
Uitgrawings deur | James Burton (1824) Howard Carter (1903-'04) | |
← Vorige KV219 Volgende →
KV21 |
KV20 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit was moontlik die eerste grafkelder wat in die vallei gebou is. Dit was die oorspronklike begraafplek van Toetmoses I (wat later in KV38 herbegrawe is) en is later aangepas om hom en sy dogter Hatsjepsoet te huisves.
Die grafkelder was bekend aan Napoleon se Franse veldtog in Egipte en Sirië in 1799[1] en is tussen 1799 en 1903 deur verskeie ontdekkers besoek. In 1903-'04 het Howard Carter uitgrawings gedoen. KV20 is onderskeidbaar van ander grafkelders in die vallei vanweë sy algemene uitleg en die ongewone kromming kloksgewys van die gange.