Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Datums | Februarie – Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Pakistan |
Deelnemers | 8 |
Wedstryde gespeel | 15 |
← 2017 2029 → |
Die Kampioenetrofee 2025 (Engels: 2025 ICC Champions Trophy) sal in Februarie en Maart 2025 in Pakistan beslis word.[1] Dit sal die negende Kampioenetrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Pakistan. Die gasheer is ook die verdedigende kampioen, nadat hulle die vorige Kampioenetrofee 2017 gewen het. Die Kampioenetrofee 2025 sal agt jaar ná die vorige toernooi plaasvind, die langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie nog.
Die toernooi se formaat van 2009, 2013 en 2017 sal onveranderd bly en die agt beste nasionale spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 sal aan die Kampioenetrofee 2025 deelneem. Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.