Kanuri | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Kameroen Niger Nigerië Tsjad | |
Gebied: | Tsjadmeer | |
Totale sprekers: | 7 862 500[1] | |
Taalfamilie: | Nilo-Saharies Saharies Wes-Saharies Kanuri | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | kr | |
ISO 639-2: | kau | |
ISO 639-3: | onderskeidelik:knc – Sentraal-Kanurikby – Manga-Kanurikrt – Tumari-Kanuribms – Bilma-Kanurikbl – Kanembu
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kanuri is 'n Nilo-Sahariese taal wat deur sowat 7,9 miljoen mense rondom die Tsjadmeer gepraat word. Kanuri word deur die Kanuri-volk in die lande Kameroen, Niger, Nigerië en Tsjad gebesig. Nes Luo behoort Kanuri tot die mees gebruikte Nilo-Sahariese tale, 'n aparte taalfamilie in Afrika.
Die basiese woordorde van Kanuri-sinne is onderwerp-voorwerp-werkwoord. Kanuri is tradisioneel 'n plaaslike lingua franca, maar die gebruik daarvan het oor die afgelope dekades afgeneem. Die meeste moedertaalsprekers praat Hausa of Arabies as 'n tweede taal. Van die min leenwoorde in Kanuri is meestal van Arabiese oorsprong.
Sowel in Nigerië asook in Niger is Kanuri die vyfde mees gebruikte taal; in Nigerië na Hausa, Igbo, Joroeba en Fulfulde, en in Niger na Hausa, Songhai, Tamasheq en Fulfulde.