Kapiri Mposhi | |
---|---|
Die TAZARA-stasie | |
Koördinate: 13°58′0″S 28°41′0″O / 13.96667°S 28.68333°O | |
Land | Zambië |
Provinsie | Sentrale Provinsie |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Kapiri Mposhi is 'n Zambiese spoorwegdorp in die Sentrale Provinsie op die aansluiting van die hoofpad na die Koperstreek by die Great North Road. Die geskatte bevolking was 52 931 in 2009,[1] vergeleke met 27 219 tydens die 2000-sensus.
Die dorp beskik oor 'n informele mark, 'n vulstasie, motel en enkele winkels. Omdat brandstof van hier af geleidelik duurder raak, is die dorp 'n goeie plek om brandstof in te gooi op pad noorde toe.[2] Die Tazara-spoorlyn, wat tot in Dar-es-Salaam loop, begin by 'n stasie net buite die dorp, terwyl die spoorlyn van Livingstone oor Lusaka tot in die Koperstreek deur die dorp loop.