Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Pakistan |
Provinsie | Sindh |
Koördinate | 24°51′N 67°00′O / 24.850°N 67.000°O |
Stigting (eerste verwysing) | 1742 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 3 527 vk km[1] |
Hoogte bo seevlak | 8 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2017) | 14 916 456[2] |
- Bevolkingsdigtheid | 6 662,9/vk km |
Tydsone | UTC+5 |
Burgemeester | Murtaza Wahab |
Amptelike webwerf | karackmc.gos.pk |
Karatsji (Engels: Karachi, Sindhi: ڪراچي, Oerdoe: کراچی Karācī [kəˈrɑːˌtʃi]) is met 'n bevolking van 23 500 000 in 2013 die grootste stad van Pakistan asook van die Islamitiese wêreld en die tweede grootste stad ter wêreld na die Chinese stad Shanghai. Dit is die belangrikste seehawe en finansiële sentrum van die land. Karatsji het tot die stigting van Islamabad in 1960 as hoofstad van Pakistan gedien.
Daar is die eerste keer na Karatsji verwys in 'n Nederlandse dokument in 1742. Die Britse Oos-Indiese Kompanjie het die stad in 1839 van die Mogolryk verower en in 1843 by die Britse gebiede Sindh as hoofstad ingelyf. Met die stigting van Brits-Indië in 1858 het Karatsji deel van die Britse Kroonkolonie geword en 'n smeltkroes van kulture gevorm. Met die onafhanklikheidwording van Pakistan in 1947 het dié stad die hoofstad van dié land geword.
Karatsji is net noord van die Indusdelta, Pakistan se grootste en belangrikste rivier, aan die Indiese Oseaan (Arabiese See) geleë.
Karatsji was een van die gasheerstede tydens beide die Krieketwêreldbeker 1987 en Krieketwêreldbeker 1996.