Karl Ferdinand Braun (6 Junie 1850, Fulda – 20 April 1918, New York) was 'n Duitse fisikus. In 1909 het hy die Nobelprys vir Fisika gewen vir sy bydraes tot die ontwikkeling van draadlose telegrafie. Hy het die prys met Guglielmo Marconi gedeel. Braun was ook medestigter van Telefunken.