Karl Jaspers | |
Gebore | 23 Februarie 1883 Oldenburg, Duitse Keiserryk |
---|---|
Oorlede | 26 Februarie 1969 (op 86) Basel, Switserland |
Vakgebied | Psigiatrie, teologie, filosofie van die geskiedenis |
Beïnvloed deur | Meister Eckhart, Cusanus, Spinoza, Kant, Hegel, Weber, Kierkegaard, Nietzsche, Martin Heidegger |
Invloed op | Paul Ricoeur, William A. Earle, Hans-Georg Gadamer, Martin Heidegger |
Karl Theodor Jaspers (* 23 Februarie 1883 in Oldenburg; † 26 Februarie 1969 in Basel) was 'n Duitse psigiater wat as filosoof ook buite Duitsland bekendheid verwerf het. In 1967 het hy Switserse burgerskap aanvaar.
Jaspers word as een van die belangrikste verteenwoordigers van eksistensiële filosofie beskou - 'n wysgerige opvatting wat hy duidelik van Jean-Paul Sartre se eksistensialisme afgebaken het. Jaspers het hom aanvanklik as onderwyser bekwaam. Hy was sy lewe lank deur vriendskapsbande aan Hannah Arendt geheg en het dekades lank briewe met haar gewissel. Sy briefwisseling met Martin Heidegger is deur die Tweede Wêreldoorlog onderbroke en later net sporadies hervat. Langdurige vriendskappe is met Max Weber, Hans Walter Gruhle en Kurt Schneider gesluit.
Jaspers het oorspronklik 'n opleiding as geneeskundige gevolg en later 'n grondleggende bydrae tot die ontwikkeling van die psigiatrie gelewer. Sy filosofiese werk het vakgebiede soos godsdiensfilosofie, geskiedenisfilosofie en interkulturele filosofie geraak. Sy inleidende werke oor filosofie het 'n basiese verwysingsraamwerk vir dié wetenskap gegee en ook by die breë publiek gewild geraak.